DDR SDRAM

DDR geheue, met bo 512MB en onder 256MB.

DDR SDRAM (vanuit Engels vir double-data-rate synchronous dynamic random access memory) of dubbele datasnelheid sinkrone dinamiese ewetoeganklike geheue is 'n soort geïntegreerde stroombaangeheue wat in rekenaars gebruik word. Dit behaal 'n hoër bandwydte as gewone SDRAM deur data oor te dra op die stygende asook vallende rande van die kloksein. Dit verdubbel byna die oordragstempo sonder om die frekwensie van die voorste bus te verhoog. Sodoende kan 'n 100 MHz DDR-stelsel 'n effektiewe kloktempo van 200 MHz hê in vergelyking met die ekwivalente SDRAM.

Met data wat in 8 grepe op 'n slag oorgedra word gee DDR RAM 'n data-oordragstempo van die (geheuebus-kloktempo) × 2 (vir dubbelle datasnelheid) × 8 (aantal grepe oorgedra). As die voorste busfrekwensie dus 100 MHz is gee DDR-SDRAM 'n maksimum oordragstempo van 1600 MG/sekonde.

JEDEC het standaarde vir DDR SDRAM-spoed in twee dele daargestel: Die eerste spesifikasie is vir geheueskyfies en die tweede vir die geheuemodules.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search